KINDERFEES
Die Morawiese Broeder kerk vier jaarliks Kinderfees op 17 Aug.
Gewoonlik word die fees die naweek naaste aan 17de Aug. gehou.
Dit gaan gepaard met die Kerk wat pragtig versier word, gewoonlik met blomme, kindersang, bolletjie en tee, wat
aan elke kind teenwoordig bedien word. Die kinders self is uitgedos in pragtige nuwe klere.
Die fees het sy oorsprong in 1727 in Hernhut (Europa) gehad. 'n Dogtertjie met die naam Susanna Kuhnel het op 17
Aug 1727 haar hartjie aan die here gegee en besluit om die woord van die here te verkondig, self onder die
volwassenes. Daarna het sy en haar maats bidure gehad en sodoende 'n geestelike herlewing onder diebrig. gemeenskap
teweeggebring.
Die dienste op Kinderfees, veral die Liefdemaal, word gebruik om waardes en norme van 'n Christen kind aan die
kinders oor te dra, met stories, videos en sangstukke.
|